+27 21 851 0533 sales@diverso.co.za
Vanoggend het Sunette Erasmus en haar span van H.O.E.P. Helderberg Uitreik: Hemel op Aarde projek. Heaven on Earth project en Melanie Smit van Helderberg Gemeente by ons kantoor kom kuier!

Ons kon bietjie meer hoor en leer oor wat H.O.E.P. doen en hoe Diverso oor die jare hulle ondersteun het en steeds doen.

Die liefde, belangrikheid, pret en impak van leer en groei is deel van ons daaglikse werksdag, hier by die kantoor. Vandag het ons van “torque” of wringkrag geleer! Dit is een van die aktiwiteite uit die boek Kuns vir Koningskleuters wat Sunette geskryf het.

Ons kruip-trekker-wenner was Hennie en die rooi span. Maar die oorhoofse wenner van die dag was die vreugde wat ‘n leerervaring kan fassiliteer!

As jy ‘n kersgeskenk vir ‘n familie met jong kinders wil gee, oorweeg hierdie prettige leerboek. Die opbrengs van boekverkope ondersteun die werk by H.O.E.P. by hul 106 kleuterskole doen.

https://www.malherbe-uitgewers.co.za/brands/product/kuns-vir-koningskleuters-sunette-erasmus