+27 21 851 0533 sales@diverso.co.za
Together we can do more!

Dankie aan elke persoon by Diverso en Distance For Difference wie ‘n naampie gekies het en ‘n geskenkie gebring het. Dit is waaroor Kersfees gaan.

Ons het vanoggend die geleentheid gehad om elke naampie van die 38 kinders en 3 onnies by Lekkerbekkies speelgroep uit te roep en hulle geskenke vir hulle te gee. Die 12mnde – 6 jariges het ons ook baie geseën… ons sal nog foto’s deel!

Stefan Pieterse, dalk is dit nie per toeval dat jy jou 10 dae van waardes nou gaan deel nie. Mag ons almal braaf genoeg wees om die saadjies van waardes binne ons te laat groei en hulle takkies te laat uitsteek na buite. Dan kan die takke vrugte dra en die nasies voed met hoop.

Meer foto’s van vreugde en omgee sal volg…