Ons is mal oor die feit dat ons werk en produkte mense se lewens kan verander! En ons steek graag ons hand op om te help waar die nood is en waar ons weet die mense aan die stuur van projekte het dieselfde waardes as ons – uitnemendheid, verantwoordelikheid en omgee onder andere. Dit is nog lekkerder om ons werknemers se dinamiese persoonlikhede in aksie te kan sien. Ja, ons werk hard by die kantoor. Daar is hoë vlakke van fokus en probleemoplossing. Daar is tog maar druk en stres, maar die kere wanneer ons iets direk vir iemand anders kan doen, onthou ons dat die lewe beter is as ons uitwaarts kyk. Dit bring die hart van ons elkeen se menswees weer na vore. So, breek uit jou roetine, jou denke en jou daaglikse voorspelbare verwagtinge, en doen iets vir iemand anders! Dit sal jóú dag maak! Dankie Sunette, Melanie en almal by Helderberg Uitreik: Hemel op Aarde projek. Heaven on Earth project! Dankie Hennie en Anna-Marie dat Diverso ons aanmoedig om onsself te kan wees! Dankie Ettienne en Ali dat julle ons hierdie verteenwoordig het – wie is volgende?
Uitnemendheid, verantwoordelikheid en omgee
by Caryn | Jun 9, 2025 | Company and Staff News